March 28, 2018

March 14, 2018

March 14, 2018

February 24, 2018

February 7, 2018

January 16, 2018

Please reload

Recent Posts

NAPSO Athletics

March 28, 2018

1/2
Please reload

Featured Posts

Gobabis Gymnasium bring weer die FNB Classic Clashes-beker huis toe!

June 16, 2017

 

 Voorbereiding vir die wedstryd het al vroeg in die netbalseisoen begin om te verseker dat Gobabis Gymnasium wegstap met die goud. Dit was ‘n naelbytstryd waar Gobabis Gymnasium in die laaste doodsnikke van die stryd ‘n doel aangeteken het en met ‘n eindtelling van 27 – 26 gewen het.

 Gobais Gymnasium en Wennie du Plessis was kop-aan-kop, maar Gobabis Gymnasium het deurgedruk en vir Wennie dup Plessis geklop.  Gobabis Gymnasium het nie vir een oomblik ophou baklei nie en het geweet  hulle sal hul sokkies moet optrek om weereens die jaar se FNB Classic Clashes wedstryd te wen. Verligting en opwinding is duidelik gesien toe die eindfluitjie vir die laaste kwart geblaas het en Gobabis Gymnasium as die wenners aangekondig is.

 ‘Player of the match’ is toegeken aan die talentvolle Okeri Karuuombe, ‘n trotse Gimmie. Twee van ons matriekdogters kon ook hul laaste FNB Classic Clashes afsluit met ‘n trotse Gimmie-oorwinning en kon weereens met die goud wegstap.

Juffrou Erlin Small word hartlik bedank vir al haar harde werk en insette - sonder haar afrigting sou dit nie moontlik gewees het vir ons meisies om so goed te vaar en met  soveel ywer en vaardighede te speel nie.  As ‘n trotse gimmie sê ek dankie aan elke meisie wat ons skool se naam so goed verteenwoordig het op die baan.  Ons sien reeds uit na 2018 se uitdaging!

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us

I'm busy working on my blog posts. Watch this space!

Please reload

Search By Tags
Please reload

Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square