March 28, 2018

March 14, 2018

March 14, 2018

February 24, 2018

February 7, 2018

January 16, 2018

Please reload

Recent Posts

NAPSO Athletics

March 28, 2018

1/2
Please reload

Featured Posts

Gobabis Gymnasium se mik is in

June 27, 2017

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Skaars ‘n jaar is verby sedert Gobabis Gymnasium Boogskietklub gestig is, maar tyd het geen passievolle skut weerhou om sy/haar deel by te drae om ons klub die grootste klub in die NASP(Namibian Archery for Schools Program) te maak en Gobabis Gymnasium met trots te verteenwoordig nie. Daarmee saam het ons “jong” klub se skuts gereeld op podiums by verskeie kompetisies geëindig.

Die afgelope jaar was baie suksesvol vir ons skuts. Sedert laasjaar September het die boogskietklub teen ‘n allemuntige spoed gegroei. Die skuts se geesdrif en toewyding tot hierdie sport in Namibië neem steeds toe. NASP het ook ‘n suksesvolle jaar van groei beleef deurdat al hoe meer skole se entoesiastiese skuts diè sport wil baas raak.

Afrigters van Gobabis Gymnasium Boogskietklub sal met sekerheid kan sê dat ons skuts se sukses nie vanself gekom het nie en dat dit baie oefening geverg het om hulle van die bestes in Namibië te maak. Duisende pyle, tonne konsentrasie en talle ure in die son het ons skuts gevorm tot die presteerders wat hulle in diè afdeling van sport geword het.

Die jaar het vinnig afgeskop, met verskeie NASP- kompetisies wat in die eerste skooltermyn  plaasgevind het. Gobabis Gymnasium het self ook die eer gehad om een van diè kompetisies aan te bied en ons toegewyde skuts het min kompetisies wat wyd oor die land aangebied is, misgeloop. Elke kompetisie se telling het hulle nader gebring aan die kans om ons land as skuts te verteenwoordig in Julie 2017. Diè motivering het ons skuts ook vele goue-, silwer- en bronsmedaljes in die sak gebring.

Die Namibiese span en die Ontwikkelingspan is aan die einde van die eerste termyn bekend gemaak en 5 van ons skuts verteenwoordig die Namibiese span van 16, terwyl 6 in die Ontwikkelingspan van 16 opgeneem is. Onder hierdie skuts is Wian Lottering wat tans eerste op ons land se NASP ranglys van meisies en seuns lê, sowel as Beuli Opperman wat onlangs tydens die NAPSO boogskietkompetisie die Namibiese rekord vir meisies na ‘n totaal van 293 uit 300 verskuif het. Dit is net een punt kort van die seuns rekord wat huidiglik op 294 staan.

Hierdie gekose skuts was die naweek van die 16de en 17de Junie in Windhoek ter voorbereiding vir die African All Stars wat op 7 en 8 Julie by SKW in Windhoek sal plaasvind. Die oefenkamp het goed afgeloop en ons skuts is baie opgewonde en goed voorbereid vir wat op hulle wag. Tot dan skiet hulle die dae verby in verdere voorbereiding op die kompetisie.

Ons klub is nog jonk en ons sien uit na wat die jare vorentoe vir Gobabis Gymnasium Boogskietklub inhou,veral na so ‘n suksesvolle begin.

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us

I'm busy working on my blog posts. Watch this space!

Please reload

Search By Tags
Please reload

Archive
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square