Ses van ons leerlinge is vir die 2018 Namibiese Boogskiet Span gekies en 1 van ons leerlinge vir die onwikkelingsspan. Hierdie leerlinge gaan in April in Suid-Afrika by die Africa All Stars kompetisie teen RSA, Zimbabwe en Botswana deelneem. Na hierdie kompetisie gaan die 6 wat in die Namibiese span is in Kanada in die All Nations kompetisie deelneem teen onder andere VSA en Kanada. Hannes Engelbrecht is dan ook as Namibiese afrigter gekies, en Dewaal Louw as spanbestuurder. Ons is baie trots op on Gymmie Skuts.