Krieket

Dit sê baie van’n klein skool soos Gobabis Gymnasium as 4 krieketspanne deurdring na die liga finale van ons land. Ons o/9’s, o/11’s, o/13,s en o/15’s almal in die finaal!!! 

Dit in ‘n tyd waar Krieket Namibia so goed doen in die “ World Cup”. Ons sien uit om oor ‘n paar jaar van nou af hierdie outjies groot krieket te sien speel vir Namibië. 

Dankie Coach Keith, Coach Frans, Coach WP, Coach Werner en vir die samewerkingsooreenkoms tussen Gobabis Krieketklub en die Krieketakademie. Dankie ook aan ons borge wat ons  krieketvisie deel. 

Dankie aan lojale ouers, tellinghouers, busbestuurders en spanbestuurders wat duisende myle agter ons krieket aan aflê.

Gedurende die Desember 2021 vakansie, het van ons leerlinge Sportprestasies behaal:

Gholf

All Africa Junior Gholf Challenge by Omeya in WHK

Tiaan Du Plessis – 3de in D Divisie

Stephan du Plessis 4 de in B divisie.

Krieket

Kobus Engelbrecht – 0/11 Nasionale span

 Janko Engelbrecht en Boot Booysen – 0/13 Nasionale Span 

Uithouritte

Sone Meeser

1ste in 80 km

Ook 1ste in 2 X 40km uithouritte

Atletiek

Kayli Nel het Saterdag 22 Januarie in Windhoek 2de gekom in 400m hekkies 0/17 en ‘n kwalifiserende tyd vir die Nasionale kompetisie gehardloop. 

Karate

Die volgende kinders het in Desember graderings gedoen:

 

Hanro Robberts – 1st level yellow belt

Eudora Kotze – 1st level yellow belt

Kelsey van Solms – 3rd level yellow belt

Demi van Solms – 3rd level orange belt